Samewerkende kultuurgemeenskappe
Hierdie is die aanlyn tuiste van die werkgroep van die groep leiers van diverse kultuurgemeenskappe, wat ooreengekom het om ’n samewerkende inisiatief (’n netwerk van kultuurgemeenskappe) te vorm sodat hulle betekenisvol en in goeie trou gesprek kan voer en kan saamwerk aan kwessies van wedersydse en spesifieke belang en kommer.
Sluit by die inisiatief aan
Alle leiers van kultuurgemeenskappe word hartlik uitgenooi om deel van hierdie samewerkende inisiatief te word en om hul siening te deel van die kernuitdagings wat kultuurgemeenskappe in die gesig staar. Dié uitdagings behoort die fokus te wees van wat gedoen word om ’n vreedsame en voorspoedige toekoms vir huidige en toekomstige geslagte te verseker.
Kontak asseblief die werkgroep per e-pos by info@peoplesdialogue.org.za.
Agtergrond
Eerste gesprek: 4 Augustus 2025
’n Groep leiers van diverse Suid-Afrikaanse kultuurgemeenskappe het op 4 Augustus 2025 ’n aanlyn vergadering gehou om die moontlikheid te bespreek om saam te werk aan ’n insetdokument wat aan die sameroepers van die Nasionale Dialoog voorgelê kan word. Die volgende besluite is tydens die vergadering geneem:
- Leiers het ooreengekom om saam te werk aan ’n insetdokument vir die Nasionale Dialoog wat hul siening van die land uit die unieke perspektief van kultuurgemeenskappe sal weerspieël.
- Die insetdokument sal voor 15 Augustus 2025 in die openbaar aangekondig word.
- Leiers het ook ooreengekom dat die samewerkingsinisiatief (netwerk van kultuurgemeenskappe) wat vir die insetdokument verantwoordelik is, aangekondig sal word.
- ’n Werkgroep is gestig om ’n konsepdokument saam te stel vir insette en goedkeuring deur leiers, wat gebaseer is op insette wat deur leiers tydens en ná die vergadering gelewer is.
- Hierdie samewerkingsinisiatief is op die toekoms gemik en strek verder as die Nasionale Dialoog.
Verwikkelinge
Die werkgroep het insette van leiers ontvang en ’n dokumentraamwerk geskep wat insette onder geïdentifiseerde gemeenskaplike temas gegroepeer het. Op 8 Augustus 2025 het die stigtings wat by die voorbereidende taakspan van die Nasionale Dialoog betrokke was hul onttrekking van die taakspan aangekondig, asook van die eerste nasionale konvensie van die Nasionale Dialoog, wat vir 15 Augustus 2025 geskeduleer was.
Tweede gesprek: 11 Augustus 2025
’n Opvolgvergadering is op 11 Augustus 2025 deur die leiers gehou om insette te bespreek wat ontvang is, asook die konsepdokumentraamwerk en die proses wat op grond van verwikkelinge gevolg moet word. Die volgende besluite is tydens die vergadering geneem:
- Leiers het ooreengekom om voort te gaan met samewerking aan ’n dokument wat die kernuitdagings sal weerspieël wat kultuurgemeenskappe in die land in die gesig staar, en wat geprioritiseer moet word, ook deur die Nasionale Dialoog.
- Die samewerkende inisiatief sal geformaliseer word deur die gesamentlike skepping en goedkeuring van ’n grondleggende dokument.
- ’n Proses van sowel aanlyn vergaderings as ’n vergadering in persoon sal gevolg word om die bogenoemde te finaliseer.
- Besonderhede oor vergaderings en aksies wat geneem moet word, insluitend openbare aankondigings en mediaverklarings, sal deur die werkgroep bestuur word.
’n Kragtige boodskap
Hierdie samewerkende inisiatief stuur ’n kragtige boodskap dat kultuurgemeenskappe en hul leiers – wie se stemme dikwels nie gehoor word nie – die verantwoordelikheid en inisiatief opneem om met mekaar te praat en tot voordeel van huidige en toekomstige geslagte saam te werk.
Mediaverklarings
Diverse kultuurgemeenskappe vestig historiese interkulturele samewerkingsnetwerk
Leiers van diverse kultuurgemeenskappe gaan oor Nasionale Dialoog en daarna saamwerk
Kontak ons
Kontakbesonderhede
Laat ’n boodskap
"*" indicates required fields

